Blomme toer 2016 Dag 1:
Ons het vroegoggend uit Mosselbaai
vertrek en onder 'n rooi sonsopkoms uitgery, rigting wes. Die
wolkformasies het soos 'n skildery gelyk, rooi en geel balle watte
wat vinnig van vorm verander in die wind.
|
Leaving the sunrise in Mossel Bay |
Ons eerste stop was by Bonfrutti op die R60. Daar was lammers en Marmite die varkie wat ons vriendelik vermaak het
|
Marmite from Bonfrutti loves a tummy rub! |
|
Lambs at Bonfrutti |
|
Orchards at Bonfrutti |
|
Good advice! |
|
Bonfrutti |
.
Ons het deur Worcester gery waarna ons
op die R43 gery het. Hier het ons deur goudgeel canola velde gery,
wat 'n skerp kontras gevorm het teen die donker berge en helderblou
lug.
Dit verander in die R46 en later die
R44.
|
Jessie enjoying the trip |
|
Canola as far as the eye can see |
|
Canola |
|
Stretching legs and enjoying the view |
Ons het van Porterville deurgedraai
Piketberg toe. Hier het ons weer by die N7 aangesluit en die
Piekenierskloof pas uitgery. Hier is die Kardoesie padstal natuurlik
'n moet. Selfs al koop jy niks by die padstal nie, die veldblomme en
uitsig is onverbeterlik. Op die betrokke dag het daar iemand
ingestorm by die padstal en vir hulp gevra vir 'n motorfietsryer wat
net voor die draai lĂȘ. Nooddienste was blitsvinnig op die toneel.
Mens vergeet hoe skerp die draaie kan wees.
|
Veldblomme by Kardoesie |
Citrusdal bly 'n mooi dorp. Van hier
is ons deur Clanwilliam toe waar ons heerlike lemoene gekoop het.
Daar is 'n kleurvolle padstal wat mens uitnooi om te "Kom-Proe".
They stock reasonably-priced oranges and naartjies, and multiple citrus varieties like navels, Valencias, clementines and satsumas. They also stock a variety of dried fruit, jams and preserves.
Ek het begin bekommerd raak omdat ons, ten spyte van sonskyn, geen
blomme gesien het nie. Iewers het ek in my truspieel gekyk en toe
wonderlike blomme gesien. Die gesiggies was natuurlik na die son
gedraai,en omdat ons Wes ry, sien ons dit nie! Big sigh of relief!
Daar is oral oulike padstalle, een het 'n Minion tema!
|
Creative Minion! |
Ons het net voor sononder by ons
oornagplek by Nuwerus aangekom. Ons was ongelooflik vriendelik
ontvang by
Toeka se huis. Ons woef was ook welkom en Jess het dit
geniet om na die lang dag in die motor, vry rond te hardloop. Dit is
altyd die klein dingetjies wat 'n gastehuis spesiaal maak. Die
huisie is vol souse, sout, suiker, tee, koffie en die heerlikste
tuisgebakte beskuit.
I walked around and took some photos at sunset.
|
View east of Nuwerus |
|
Toeka se huis |
No comments:
Post a Comment